Makelary : Johann Kotzé t/a Multi-Prof
Adres : Paarlbergsingel 37, The Crest, Durbanville
Hierdie dien om die voorgeskrewe inligting aan u, die kliënt, te openbaar soos vereis deur die Finansiële Adviseurs en Tussengangers Wet, (Wet 37 van 2002).
Die bogenoemde makelary is ‘n gemagtigde Finasiële Dienste Verskaffer (FDV) met lisensie nommer: 4758. ‘n Afskrif van die lisensie is beskikbaar en word ten toon gestel by die bostaande besigheidsadres.
Die FDV beskik oor versekering vir professionele aanspreeklikheid
Die FSP is ‘n onafhanklike diensverskaffer en het kontrakte met die volgende Produk Verskaffers:
a. Santam
b. Auto & General
c. Unity
Kommissie vergoeding ontvang is soos gespesifiseer in terme van die dokumentasie voorsien.
Addissionele vergoeding word gehef ten opsigte van dienste gelewer soos gespesifiseer in terme van die dokumentasie voorsien.
Die Finansiële Dienste Verskaffer is gemagtig om finansiële advies te gee ten opsigte van Kategorie 1.2, van produkte soos omskryf deur die relevante wetgewing, Kort-termyn versekering, persoonlike lyne.
Die Finansiële Dienste Verskaffer lewer nie dienste onder toesig soos gedefiniëer nie.
Behalwe vir die algemene vrystellings is daar geen vrystellings, voorwaardes of beperkinge van toepassing op die lisensie nie.
Die Finasiële Dienste Verskaffer hou nie meer as 10% aandele in enige van die produkverskaffers nie en verdien huidiglik meer as 30% van sy totale jaarlikse inkomste van die volgende produkverskaffer/s : Santam, Auto & General en Unity.
Ons beskik oor ‘n gestruktureerde klagtebeleid. Indien u enige klagtes aangaande die FDV of enige van sy personeel mag hê, kontak gerus vir Heidi Kotzé by ons kantoor, alternatiewelik ons voldoeningsbeampte Mnr. N.D. Moodie by:
Providus Compliance Consulting (Pty) Ltd (FSB Reg no: CO 2)
Tel: (021) 979 5201
Fax: 086 212 7778