|
Onderversekering
Onderversekering geskied wanneer die bedrag waarvoor
die eiendom verseker is, minder is as die waarde van sodanige
eiendom.
Onthou om u eiendom vir die
vervangingswaarde te verseker en NIE die bedrag waarvoor u dit aangekoop
het nie! (Tensy dit nuwe eiendom is!)
In geval van
verlies/skade is daar 2 versekeraars, naamlik:
VOORBEELD:
Waarde
van eiendom....................................R24 000
Versekerde
bedrag.......................................R18 000
Verskil
(waarvoor Versekerde as sy/haar eie versekeraar beskou
word............................. R 6 000
In
geval van verlies/skade van R12 000, dra elkeen van die "versekeraars" soos volg
by:
VERSEKERINGSMAATSKAPPY:
R18 000/R24 000 X R12
000/1 = R 9 000
VERSEKERDE
(as sy/haar eie versekeraar):
R6 000/R24 000 X R12
000/1 = R 3 000
DUS:
R9 000 + R3 000
= R12 000
Die voorwaarde van
eweredigheid is van toepassing op die volgende afdelings:
- Huisbewoners
(Inhoud)
- Huiseienaars
(Geboue)
- Seilbote, motorbote
en ander kleinvaartuie.
Die afdeling waar
onderversekering die meeste voorkom, is die Huisbewoners (Inhoud)
afdeling. Om te
help voorkom dat u huisinhoud onderverseker is kan ons vir u 'n inventaris stuur wat u sal
help om 'n meer akkurate waarde aan u huisinhoud te heg. Indien u 'n inventaris van
ons wil hê, kliek asb. hier.
|