Gesondheidsorg |
Hospitaalplan | Mediese Skema
Hoe kies jy die
regte mediese fonds om na jou en jou familie om te sien
wanneer jy dit die nodigste het? Dit is geen maklike
taak nie, veral indien jy nie bewus is watter voordele die
verskillende opsies van elke skema jou bied nie.
Tans
is slegs ongeveer 40 van die nagenoeg 160 geregistreerde
mediese fondse in Suid-Afrika oop vir die publiek.
Neem in ag dat meeste van hierdie 40 skemas oor 'n paar
verskillende opsie-keuses beskik, en dit word 'n byna
onmoontlike taak om die mees geskikte keuse uit te oefen!
Wel, nie meer nie...Dit
is nou moontlik om die verskillende mediese fondse te
vergelyk, toegang (telefonies of epos) tot 'n kundige
konsultant te verkry wat jou vrae sal beantwoord en
verseker dat jy die mediese dekking kry wat die beste by jou
omstandighede pas teen die mees bekostigbare premie.