"Knock for Knock"
Dit is 'n ooreenkoms tussen motorversekeraars. "Knock for Knock" beteken dat, na 'n ongeluk, elke versekeraar sy eie polishouer se skade betaal, afgesien van wie die skuldige party was. Dit is slegs van toepassing indien beide partye se voertuie vir eie skade dekking geniet.