Onderversekering
Onderversekering geskied wanneer die bedrag waarvoor die eiendom verseker is, minder is as die waarde van sodanige eiendom.
Onthou om u eiendom vir die vervangingswaarde te verseker en NIE die bedrag waarvoor u dit aangekoop het nie! (Tensy dit nuwe eiendom is!)
In geval van verlies/skade is daar 2 versekeraars, naamlik:
- die versekeringsmaatskappy, en
- die Versekerde as sy/haar eie versekeraar;
VOORBEELD:
Waarde van eiendom....................................R24 000
Versekerde bedrag.......................................R18 000
Verskil (waarvoor Versekerde as sy/haar eie versekeraar beskou word............................. R 6 000
In geval van verlies/skade van R12 000, dra elkeen van die "versekeraars" soos volg by:
VERSEKERINGSMAATSKAPPY:
R18 000/R24 000 X R12 000/1 = R 9 000
VERSEKERDE (as sy/haar eie versekeraar):
R6 000/R24 000 X R12 000/1 = R 3 000
DUS: R9 000 + R3 000 = R12 000
Die voorwaarde van eweredigheid is van toepassing op die volgende afdelings:
- Huisbewoners (Inhoud)
- Huiseienaars (Geboue)
- Seilbote, motorbote en ander kleinvaartuie.
Die afdeling waar onderversekering die meeste voorkom, is die Huisbewoners (Inhoud) afdeling. Om te help voorkom dat u huisinhoud onderverseker is kan ons vir u 'n inventaris stuur wat u sal help om 'n meer akkurate waarde aan u huisinhoud te heg. Indien u 'n inventaris van ons wil hê, kliek asb. hier.