BYBETALINGS

Bybetalings word soms na verwys as die eerste bedrag betaalbaar en is die bedrag van die eis wat die versekerde self moet betaal, aangesien dit nie deur die polis gedek word nie.

Oor die algemeen is daar 3 tipe bybetalings:

a)  Standaard Bybetaling

Dit is die basiese bybetaling van die afdeling op jou polis waarvoor jy wil eis.

b)  Addisionele Bybetaling

In sommige gevalle is addisionele bybetalings van toepassing.  Hierdie bybetaling is addisioneel tot die standaard bybetaling.  ‘n Voorbeeld van ‘n addisionele bybetaling is waar die bestuurder van ‘n voertuig onder die ouderdom van 25 is, en die polis dui ‘n addisionele betaling van R1 000 aan vir bestuurders jonger as 25.

c)  Vrywillige Bybetaling

As polishouer het jy die keuse om jou bybetaling te verhoog en sodoende ‘n verlaagde premie te betaal.  Die vrywillige bybetaling is dan betaalbaar bo en behalwe die standaard bybetaling en enige addisionele bybetalings van toepassing op die spesifieke afdeling van die polis.


Motor en Huisinhoud

Jy kan motorversekering sowel as motor- en huisinhoud versekering kwotasies kry vir Huisinhoud dekking. Kies tussen omvattende dekking…

Verbandversekering

‘n Verband Beskermer Polis om jou huislening of maandelikse paaiement te dek in geval van dood, ongeskiktheid, siekte of werksverlies…

Lewensversekering

Kry ‘n kwotasie vir lewensversekering en jy kan tot 22% bespaar aan premies. Geen mediese ondersoeke word vooraf verlang nie…

Mediese Fondse

Hoe kies jy die regte mediese fonds om na jou en jou familie om te sien wanneer jy dit die nodigste het? Dit is geen maklike taak nie..

KONTAK INLIGTING
Tel: 086 110 1338
Faks: 086 743 6455
Epos: info@multiprof.co.za
POS ADRES
Posbus 804
Hermanus
7200