GAPING DEKKING

Gaping-dekking – ‘n oplossing vir verskil-betalings

Jy behoort aan ‘n mediese skema, maar het jy ooit besef dat daar tye mag wees wanneer jou rekeninge nie ten volle deur jou skema vereffen sal word as jy gehospitaliseer word nie? Of dat jy ‘n bybetaling moet maak wanneer jy in die hospitaal toegelaat word vir sekere prosedures?

Hoekom sal daar ‘n verskil wees?

Hierdie verskille kom gewoonlik voor wanneer jou geregistreerde diensverskaffer meer vra as wat jou mediese skema betaal. Die lid is dan verantwoordelik om die verskil te betaal.

Die Oplossing

GAPING-DEKKING (5 keer/500%)
R112 PER MAAND PER GESIN (maksimum R1 000 000 per gesin / jaar) of
R97 PER MAAND PER GESIN (maksimum R150 000 per gesin / jaar)
GAPING-DEKKING: Oorsig

Gaping-Dekking voorsien ‘n voordeel gelykstaande aan die werklike koste, wat beperk word tot vyf (5) keer (500%) van die mediese skema-tarief minus die betaling vir die behandeling ontvang vir dienste gelewer deur dokters en/of spesialiste terwyl gehospitaliseer as binnepasiënt.

Sommige mediese skemas bied dekking van 100%, 150% of 200% van die mediese skema-tariewe vir hospitalisasie alleen, terwyl die werklike koste meer kan wees as die mediese skema-tariewe. Gaping-Dekking dek die verskil tussen dit wat jou mediese skema betaal en die werklike koste van die in-hospitaal doktersrekeninge tot ‘n maksimum van 500% van die mediese skema-tarief.

Meer inligting:

• Alle eise-paaiemente word direk aan die hooflid gemaak
• Gaping-Dekking is beskikbaar aan indiwidue wat tans lid is van ‘n geregistreerde mediese skema
• Lede moet bevestig watter voordele gedek word, asook watter uitsluitings en reëls daar in hul spesifieke mediese skema is, aangesien Gaping-Dekking nie tekorte soos gestipuleer in die in die mediese skema-reëls kan dek nie, byvoorbeeld jaarlikse limiete vir hospitalisering. Gaping-Dekking sal nie verantwoordelik wees vir die betaling van die verskil tussen wat jou kema dek en die werklike koste van die rekening nie.

Bybetaling Dekking

R70 per maand per gesin
Bybetaling: Oorsig

Bybetaling Dekking is ‘n produk wat die bybetalings dek (die bybetalings wat deur jou mediese skema bepaal word) vir prosedures wat uitgevoer word terwyl jy ‘n binnepasiënt of buitepasiënt is, insluitend MRI-, CT- en Ultraklank-skanderings.

Bybetaling Dekking sal bybetalings ten volle dek per versekerde voordeeltrekker per insident. *

Meer inligting:

• Bybetaling Dekking is beskikbaar aan indiwidue wat tans lid is van ‘n geregistreerde mediese skema
• Bybetaling Dekking kan saam met enige geregistreerde mediese skema gebruik word.

*Terme en voorwaardes

• R10 000 insident-limiet per eis
• Drie eise per begunstigde per jaar
• R50 000 algehele limiet per gesin per jaar

Wagperiodes van toepassing by Gaping Dekking en Bybetaling Dekking

• Standaard drie maande-wagpriode, behalwe in geval van noodbehandeling
• Kraamvoordele tree in werking na ‘n 12 maande-wagperiode
• Minimum 12 maande-wagperiode vir reedsbestaande mediese toestande

Vergelyk Gaping Dekking Kwotasies:

Gaping Dekking
Tans Op Medies?
Hoeveel Dekking Word Benodig?

Motor en Huisinhoud

Jy kan motorversekering sowel as motor- en huisinhoud versekering kwotasies kry vir Huisinhoud dekking. Kies tussen omvattende dekking…

Verbandversekering

‘n Verband Beskermer Polis om jou huislening of maandelikse paaiement te dek in geval van dood, ongeskiktheid, siekte of werksverlies…

Lewensversekering

Kry ‘n kwotasie vir lewensversekering en jy kan tot 22% bespaar aan premies. Geen mediese ondersoeke word vooraf verlang nie…

Mediese Fondse

Hoe kies jy die regte mediese fonds om na jou en jou familie om te sien wanneer jy dit die nodigste het? Dit is geen maklike taak nie..

KONTAK INLIGTING
Tel: 086 110 1338
Faks: 086 743 6455
Epos: info@multiprof.co.za
POS ADRES
Posbus 804
Hermanus
7200