ONDERVERSEKERING

Onderversekering geskied wanneer die bedrag waarvoor die eiendom verseker is, minder is as die waarde van sodanige eiendom.

Onthou om u eiendom vir die vervangingswaarde te verseker en NIE die bedrag waarvoor u dit aangekoop het nie!  (Tensy dit nuwe eiendom is!)

In geval van verlies/skade is daar 2 versekeraars, naamlik:

  • die versekeringsmaatskappy, en
  • die Versekerde as sy/haar eie versekeraar;

VOORBEELD:  

    Waarde van eiendom………………………………R24 000

    Versekerde bedrag…………………………………R18 000

    Verskil (waarvoor Versekerde as sy/haar eie versekeraar beskou word……………………….. R  6 000

    In geval van verlies/skade van R12 000, dra elkeen van die “versekeraars” soos volg by:

VERSEKERINGSMAATSKAPPY:

    R18 000/R24 000  X   R12 000/1     =   R 9 000

VERSEKERDE (as sy/haar eie versekeraar):

    R6 000/R24 000   X   R12 000/1      =   R 3 000

    DUS:  R9 000 + R3 000                   =   R12 000

Die voorwaarde van eweredigheid is van toepassing op die volgende afdelings:

  • Huisbewoners (Inhoud)
  • Huiseienaars (Geboue)
  • Seilbote, motorbote en ander kleinvaartuie.


Die afdeling waar onderversekering die meeste voorkom, is die Huisbewoners (Inhoud) afdeling.  Om te help voorkom dat u huisinhoud onderverseker is kan ons vir u ‘n inventaris stuur wat u sal help om ‘n meer akkurate waarde aan u huisinhoud te heg.  Indien u ‘n inventaris van ons wil hê, kliek asb. hier.


Motor en Huisinhoud

Jy kan motorversekering sowel as motor- en huisinhoud versekering kwotasies kry vir Huisinhoud dekking. Kies tussen omvattende dekking…

Verbandversekering

‘n Verband Beskermer Polis om jou huislening of maandelikse paaiement te dek in geval van dood, ongeskiktheid, siekte of werksverlies…

Lewensversekering

Kry ‘n kwotasie vir lewensversekering en jy kan tot 22% bespaar aan premies. Geen mediese ondersoeke word vooraf verlang nie…

Mediese Fondse

Hoe kies jy die regte mediese fonds om na jou en jou familie om te sien wanneer jy dit die nodigste het? Dit is geen maklike taak nie..

KONTAK INLIGTING
Tel: 086 110 1338
Faks: 086 743 6455
Epos: info@multiprof.co.za
POS ADRES
Posbus 804
Hermanus
7200