PERSOONLIKE REGSAANSPREEKLIKHEID

‘n Bedrag van R5 000 000 dek die volgende:

  • Alle bedrae waarvoor die Versekerde en/of medeversekerdes in sy/haar of hulle private hoedanigheid wetlik aanspreeklik mag word om as vergoeding te betaal.
  • Toevallige dood van of liggaamlike besering aan of siekte van enige persoon BEHALWE ‘n persoon wat die Versekerde of enige van die medeversekerdes is of wat in diens van die Versekerde of medeversekerdes is.
  • Toevallige fisiese verlies van of skade aan tasbare eiendom BEHALWE eiendom wat behoort aan of wat verpag, verhuur, gehuur of geleen is aan of wat in trust gehou word deur of wat onder die toesig/beheer van die Versekerde/medeversekerdes is.

Dekking van hierdie afdeling is uitgebrei om die volgende in te sluit:

  • Kredietkaarte en/of kredietstrokies tot ‘n maksimum van R2000.
  • Veeartskoste te opsigte van huisdiere (SLEGS honde en katte) waar besering a.g.v. ‘n padongeluk opgedoen word, met ‘n maksimum van R1000.
  • Kolhou (“Hole-In-One”, NIE van toepassing by professionele gholfspelers nie!) vir R1000.

Motor en Huisinhoud

Jy kan motorversekering sowel as motor- en huisinhoud versekering kwotasies kry vir Huisinhoud dekking. Kies tussen omvattende dekking…

Verbandversekering

‘n Verband Beskermer Polis om jou huislening of maandelikse paaiement te dek in geval van dood, ongeskiktheid, siekte of werksverlies…

Lewensversekering

Kry ‘n kwotasie vir lewensversekering en jy kan tot 22% bespaar aan premies. Geen mediese ondersoeke word vooraf verlang nie…

Mediese Fondse

Hoe kies jy die regte mediese fonds om na jou en jou familie om te sien wanneer jy dit die nodigste het? Dit is geen maklike taak nie..

KONTAK INLIGTING
Tel: 086 110 1338
Faks: 086 743 6455
Epos: info@multiprof.co.za
POS ADRES
Posbus 804
Hermanus
7200